RSS

Tuna op my Brood

23 Apr

Tuna blikkies raak nou so vrek duur, mens kan netsowel ‘n behoorlike maaltyd daarvan maak as jy dan ‘n blikkie moet oopsny.  In my huis dink ek nog net aan tuna, of een van die 4 katte pak ‘n psalm uit.  Horrible!

Hol ‘n draai om die katte, en gaan pluk ‘n vars greenpepper in jou tuin (jy het mos greenpeppers in jou tuin, dan nie?).  Sny hom, en ‘n ui, in ewe groot blokkies.  Soos in klein blokkies.  Moenie kortpad vat nie – jy gaan sit en knaag aan onverfynde, on-seksie uie!

Teen die tyd is die katte weg omdat die ma staan en tjank met ‘n ui in die hand, so jy kan die tuna blikkie oopsny.  Voeg mayo by – soveel soos jy van hou.  En dan gelyke hoeveelhede ui en greenpepper.

Meng lekker deur en sit op jou gunsteling broodjie.  En as dit goewermentsbrood is – daai verbeeldinglose bruin brood – ai tog!  Daar is volkoring brood vir ‘n paar sente ekstra, en mensig, dis heerlik.

Sit met ‘n koppie tee agteroor, en raak weg in die see van tuna, mayo, en knarsgroentetjies.

 
3 Kommentaar

Posted by op April 23, 2012 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Tuna op my Brood

  1. Charl Marais

    April 23, 2012 at 4:08 nm

    Ai, maar daardie goeverment brood is verbeeldingloos. Ek is bevrees die volkoring is ook nie veel beter nie. Dis hoekom ek self begin brood bak het. Regte egte ou “sourdough” brood met daardie kenmerkende prik op die tong. Of hy nou wit, bruin, volgraan of rog is, as hy uit my oond kom is hy sourdough, en ek kan net dink daai tunatjie van jou op my rog sourdough gaan mos koningskos wees. Ek gaan net die tee flink systap want vir my koffie kan is ek baie lief.

     
  2. Plasie

    April 23, 2012 at 5:06 nm

    Sit nou so twee baby marrows, ‘n handvol van daai klein tamatjies en ‘n driemanskap sampioene by die mengsel van uie en peppers en maak hulle net effens skrik met die stickblender…sooo twee of drie sekondes kort van babakos. Teelepeltjie dijon mostert by die mayo en jy het middagete wat beide jou en daai draaktannie van ‘n dieetkundige sal gelukkig maak

     
  3. Skoor

    Mei 3, 2012 at 8:09 vm

    Charl….jy is WELKOM om jou brood resep te deel. Baie welkom!

    Aag jissie Plasie, kom ons gaan heel oorboord en sit KNOFFEL ook in, LOL

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: