RSS

Varknek. Maar op die kole.

14 Feb

varknekOk, my eerste probeerslag was perfek, maar gisteraand was ek effe haastig, en toe trek my kole my ‘n streep en vark moes oond toe wyl die volgende sarsie kole gereed gemaak is.

Vark is droog.  Jip.  Maar NIE die ot nie.  Mits jy dit reg doen.

Koop ‘n ontbeende vark nek.  En ‘butterfly’ hom dat jy so 5cm MINIMUM dikte het.

Nou is die truuk…. STOOM die nek vir 40 minute.  In jou Steam Supreme, of jou dubbele pasta pot, of op ‘n rak in ‘n pot met bietjie water onder-in.  Maak plan.  Die gestoom maak die vleis nie gaar nie, maar deurwarm, wat help met die gaarmaak proses.  Gits, die dae van spierwit doodgekookte vark is sekerlik saam met ander dinge taboe, so ons eksperimenteer te lekker – asb, ek se nie eet rou vark nie, die vleis is deurgaar, maar NIE doodgedroog vrek bokkoms gebraai nie.

En dan vat jy ‘n groot, en ek meen GROOT huis knoffel.  En jy rasper of kap of vysel en stamper vir haar in gebraaide nekonherkenbare dele.  Gevolg deur so ‘n duim vars gemmer.  En ‘n goeie skeut soya sous, en meer as ‘n goeie skeut heuning.  Roer en roer die spul bymekaar tot die heuning opgelos is.  Gooi so ‘n eetlepel of 2 water ook by.

Die kole is mos nou al reg, ne…. Nou sit maar vir nek mooi saggies op die rooster, en gooi sout en peper.  Nie te veel – die soya sous is mos sout.  As dit dikker as 5cm is, kan jy sout en peper gooi.  Andersins kan die soya sous dalk genoeg wees.

Neem jou kwassie, en streel die sous oor die nek.  Draai om, en streel die sous oor die nek.  Die hele braai proses deur.  Teen die einde van die braai is die nek mooi bruin soos die heuning karamel getan het.  Vir die waaghalsige smaakpapil, smeer nou die hele nek met mosterd en braai vir oulaas aan beide kante.

Laat die ot rus voor jy dit baie dun snye sny, en bedien met kapok aartappels en gebraaide uie en ‘n sout sousie, of lekker soet pampoen, of sommer ‘n wulpse groenslaai.  En more het jy weer kos – jy sny dit mos dun.

 
1 Kommentaar

Posted by op Februarie 14, 2013 in Lekker maklike kos

 

One response to “Varknek. Maar op die kole.

  1. crossforge

    Februarie 14, 2013 at 2:59 nm

    Laat dit darm nou ‘n bek water.

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: