RSS

Tamatie en Brandrissie Olie – natuurlik op ‘n vuur

14 Okt

O moenie huil nie. O moenie treur nie.

Die resep het niks met bobbejane te doen nie, maar met die feit dat dit somer word, en as jy nuwe liefde het, kan jou hart bollemakiesies maak en jy kan dalk weer lus raak vir kook. Plat op jou gat voor ‘n lae vuurtjie, met ‘n koue glas wyn, en sagte oe anderkant die vlamme wat jou dophou.

Die is deelkos. Mekaar-voer-kos.

Neem daai Wok wat jy gekoop het toe al wat mens daarin wou maak, stirfry was. Gooi hom op die vuur. Jimmil, die lewe is te kort om te skrik vir potte en panne op ‘n vuur.

Bederf daai pan met ten minste ‘n koppie olyf olie. Maar as jy mildelik van hart, in lig van voet is, gooi nog!  Natuurlik neem jy nou die handvol vars knoffel wat jy sommer so rofweg in skywe gesny het. Indien jy enige ander knoffel in gedagte het, staak onmiddelik om my woorde met jou oe te gryp. Loop Steers toegarmato en gaan eet ‘n slegte burger.

VARS KNOFFEL dus. Sommer so 5 of 6 of 8 huisies. Die lewe is kort. Doen dit met oorgawe. As jy eet moet jou mond blink.

Gooi die knoffel in die olie, en skelm gooi jy ‘n rooi chili in as jou hande nie dopgehou word nie. Dit lyk mooi in die vlamme en dans saam met die gesnyde knoffel tot die olie deurtrek is met die geur, maar die knoffel nognie begin verkleur het nie. Dit moet net sag gebraai wees in die olie voor jy dit versigtig met ‘n lepel uitlig en eenkant sit. 2 blikkies tamaties moet nou in die olie ingegly word. Pasop vir brand met die olie!

As jy Skoor is en tyd het, gooi 2 of 3 pakkies cherry tomatoes in die olie, eerder as gebliktes. Vryf en jaag die tamaties met jou ouma se houtlepel tot hulle gaar en laf skitter in die pan. Van hulle is velloos, ander ruk harte oop en ontbloot guitig die pitte. 

Hardloop huis-in en gaan haal ‘n vuis growwe sout, skeut varsgekraakte swartpeper en ‘n lepel hoog-hoog van heuning. Meng als deur – ook die knoffel en brandrissie – en neem die pan die huis in. Belowe jou geliefde jys nou-nou terug. 

Neem jou blitz ding. Daai met die vinnige lem. En slaan daai pitte en velle en olie en knoffel en brandrissie en alles anders tot ‘n pienk sous (dit gebeur spontaan met die lug en emulsifisering van die bestanddele) – onthou net dit spat, so gooi in ‘n dieper pot of houer voor jy dit doen.

Gooi terug in die Wok en proe of daar genoeg sout in is. Staan effe terug en voel of die brandrissie jou tong soen. Ja? Gryp ‘n ciabata onder jou arm, die Wok in jou hand en gaan breek brood saam. Voer mekaar diepgedoopte souserige brood. Skink nog wyn. Celebrate die liefde. En as jy wil sweet…. gooi cayenne peper by as die brandrissie ‘n pissie was – die is ‘n familie blad…

– Be Blessed! 

 
8 Kommentaar

Posted by op Oktober 14, 2014 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Tamatie en Brandrissie Olie – natuurlik op ‘n vuur

  1. crossforge

    Oktober 14, 2014 at 1:19 nm

    Dit klink mos nou lekker. En ek dreig juis die laaste 2 weke om ‘n olyf ciabata of twee te bak. Olywe raak reeds ongeduldig in my kas. (Terloops, die Afrikaans vir ciabatta is pantoffel omdat die brood soos ‘n pantoffel lyk.)

     
  2. Toortsie

    Oktober 21, 2014 at 9:32 vm

    Sjoe! Klink HEERLIK!

     
  3. Annetjie Lategan

    Desember 11, 2015 at 10:56 nm

    Jy moet nou nie oorhaas weer ‘n resep opsit nie. Mens wil nie h^e jy raak te gou moeg nie. Lui bliksem.

     
  4. ekmyselff

    Augustus 25, 2016 at 10:18 vm

    Hoe water my mond nou.

     
    • Skoor

      Augustus 25, 2016 at 11:55 vm

      ek weet nie hoekom ek gedink het dis eenvoudige kos nie. soos in bland en boring. toe nou heeltemal NIE.

       
  5. Charl Marais

    Augustus 25, 2016 at 11:35 vm

    Sedert ek hierdie sousie die eerste keer aanmekaar geslaan het, het ek dit al oor en oor gemaak. Lekker verby en die lippe blink verseker. Jam tamaties werk ook goed en so 2 of 3 ekstra chillies doen ook nie skade nie. Gebruik die sous sommer ook as basis op pizza. Te lekker vir woorde.

     
  6. Skoor

    Augustus 25, 2016 at 11:52 vm

    @charl, dit IS ne! Pasta die volgende dag, dan proe als so rokerig van die sous. Yoh dis net die beste.

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: