RSS

Sout en Peper so by my KOOL

25 Aug

Blomkool raak onbekostigbaar duur. Die Boere smaail, want die oes kan gouer af, die aanvraag is GROOOOOT. Want die banters donir die hele landbougemeenskap rond.  Aartappels is van die bose, broccoli is die ding met sy oompie blomkool. En tot ‘n pizza basis bestaan uit die goed nou se dae.

Toe koop ek maar ‘n kool.  As jy kool sny sit die hele bleddie plek vol kool.  Jou kombuis lappie frommel en draai aan ‘n sliert fyn kool, maar heellaas moet die vingers maar oppik.

Wees dus nou maar soos ek, en neem ‘n behoorlike skerp mes, en begin sny daai kop kool in fyn slierte. Maar net ‘n halwe kop vir nou. Die res maak jy koolslaai more mee. En sukkel om die gevalle slierte op te pik.cabbagea.jpg

In ‘n lekker pot gooi jy olie, en verbruin ‘n ui op sy tyd.  Gooi bietjie sout by sy ribbes, die water word vrygestel en karamelisering vind gouer plaas – vertel die mense op TV vir my – eks  nie self so slim nie.

Sny ‘n pak spek in fyn stukkies.  Gooi by die ui en nou werk jy die sake tot daai spek sommer gladnie meer vaal is nie.  

Gooi ‘n koppie kookwater oor die inhoud, staan net met jou gesig weg of jou bril wasem op, en jou poriee ruik more nog na ui!

Draai die hitte heelwat laer en gooi ‘n groot aartappel se waarde in blokkies, by die lekker ruiktes.

Nou beduie jy daai kool die pot in.  Vat ‘n skeut sout en ‘n goeie knarts swartpeper.  Sit die deksel op.  

Loop slaan jy 3 knoffelhuisies dat hulle onderklere afkom, sny in dun skyfies, en lig die deksel om die knoffel tuis se maak met die bredie.

‘n Paar hoofstukke in jou boek verder, en die deksel kan gelig word.  Roer sag deur, proe vir sout en peper, voeg nog by, en skep om te sit met ‘n wye uitdrukking in jou oe wat lyk na dankbaarheid vir potte, maar eintlik dankbaarheid vir ‘n Boer is!

As jy Skoor se liefie is, gooi jy nog sommer ‘n stuk egte botter ook in die pot voor jy opskep.  Dis ‘n Duitse ding word ek vertel. 

Ek dink eerder, solank DIE Boervrou kook, sal tot ‘n Duitser eet.

 
8 Kommentaar

Posted by op Augustus 25, 2016 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Sout en Peper so by my KOOL

  1. Joey

    Augustus 25, 2016 at 10:59 vm

    Klink heurlik, ek gan dit traai!!

     
  2. Skoor

    Augustus 25, 2016 at 11:04 vm

    Jy kan maar @Joey – ek lieg nie op ‘n Donderdag nie! Dis verbasend geurig.

     
  3. Christelle Van Emmerik

    Augustus 25, 2016 at 11:11 vm

    Hallo Skoor, man ek het jou gemis!!! Welkom terug. J

     
  4. Skoor

    Augustus 25, 2016 at 11:14 vm

    Genade @Christelle, dankie man. Dis nou ‘n lekker terugkeer op ou paaie.

     
  5. ekmyselff

    Augustus 25, 2016 at 11:28 vm

    Klink SO lekker.

     
  6. Charl Marais

    Augustus 25, 2016 at 11:43 vm

    So van ‘n duitse ding gepraat. Daardie ander helfte van die kool kan mos sauerkraut word. Die Duitser hoort te weet hoe.

     
  7. Skoor

    Augustus 25, 2016 at 11:51 vm

    Charl, ek wou dit al self aanpak, maar die regte sauerkraut is nogal nie vir my nie. Ek koop maar eerder. Kortpad kos wat dit betrek gaan jou tanne enamel afhaal, ek is seker. Ons Spar is nogal heel op die bol met verskeie opsies van oorseese kosse.

     
  8. Petri

    Desember 16, 2016 at 8:32 nm

    Mense, gaan sit net bietjie en luister asseblief aandagtig, want ek wil net die gedagte die wereld uithelp dat mens sauerkraut kan koop. En teverede wees. Want gekoopte sauerkrait is nie “die regte sauerkrat nie, want gekoopte sauerkraut is – askies mense, ek moet reguit praat vanaand – gewoonweg vieslik. Om te s^e mens koop sauerkraut is soos om te s^e “ons braai nie vanaand nie, ons haal sommer ons tjops en wors en braaibroodjie by die kornerkeffie”. Dis mos vloek in die kerk daai!
    Om sauerkraut te maak is minder moeite as om Spar toe te gaan en jou suurverdiende geld uit jou voortdurend kleinerwordende beursie te haal en ‘n ingevoerde blikkie ten duurste te koop. Nee, mens maak dit self in die privaatheid en gemak van jou eie kombuis. En met oneindig minder koste, maar belangriker nog, met berge van smaak wat ‘n blikkie of potjie of sakkie winkelsauerkraut nimmerste nooit sal bied nie. Wag wel tot die winter, want suurkool – kom ons vertaal dit nou sommer juis – wil beter in ‘n koel omgewing tot volle bloei kom.
    Ek wil meer uitleg gee as daar belangstelling is, maar om in te haak by Charl Marais se stelling oor die ander helfte van die kool: al wat nodig is, is sout, vrywende hande, en geduld, nie eers harde werk nie, lewe mense. Nie eers dit nie! Ek wag om te hoor of daar belangstelling is, dan sal ek soos ‘n ware suurkoolorakel hier my woorde spreek.

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: