RSS

Doel van die blog

j

Ek wil graag, etlike maande na ek die resepte blog begin het, dit net duidelik maak dat ek nie in kompetisie is met enigiemand voor of na my op WordPress, wat ook resepte plaas nie.

Ek kuier graag op sekere blogs wat dieselfde idee as ek het, omdat ek daarvan hou om te sien hoe mense die kullinere benader.

Hierdie blog het ontstaan omdat ek ‘n behoefte gehad het om resepte wat ‘n sukses was, neer te skryf, omdat ek teen die volgende dag gewoonlik vergeet het wat ek gemaak het om dit so te laat smaak. 

Dit is dus MY blog met MY resepte, en dit het nou ‘n lekker plek geword waar mense kan kom vrae vra en waar ons as bloggers ‘n antwoord probeer kry.

Sekere Afrikaanse webwerwe het per toeval op die blog afgekom, en my gevra of hulle dit kan lys op hulle webwerwe, waarmee ek geen probleem het nie – daarom weet ek baie oe kom hier verby, en is dit vir my belangrik om vir mense kos te maak wat hou van lekker eet.  Ek probeer nie beindruk met my resepte nie.  Ek probeer my mense vol kry met ‘n smile, en as dit lesers help met idees, is my hart gelukkig!

Ek bemark nie kookboeke onder die Skoor naam nie, en is nie afhanklik van my gesig om kos op die tafel te kry nie.  Daarom hoef ek nie elke dag, of selfs elke week iets te publiseer nie.  Ek eet ook soms wegneem vir ‘n week!  Resepte verskyn soos die gees my lei.  Maar ek is MOER TROTS op die blog. 

Hierdie is my handgetikte resepteboek, en ek deel graag my lekkertes met jou, die leser.  Jy is welkom om terugvoer te gee, of om net deur te lees.  Onthou, aan die einde van die bladsy, is daar ‘n ‘previous posts’ kliek-plek.  Gaan gerus terug, en meer terug om deur my eetreis te gaan – dit hou nie op by die eerste bladsy nie!

Groete, en dankie vir die inloer

Skoor

 

18 responses to “Doel van die blog

  1. Marie Antoinette Voges

    September 9, 2008 at 8:51 nm

    Ek het die skakel op Peterjasie gevolg. Baie dankie vir die lekkerlees van jou blog en die resepte. Ek is ook baie lief vir kosmaak en versamel resepte sedert my skooldae en nog steeds tot die ergenis van my vriende en familie. Ek het my liefde vir resepte met my liefdie digitale grafiese kuns saam gesmelt. Besoek gerus my blog soos hierbo en laat weet my wat jy daarvan dink. Ek het nog nie resepte geplaas nie (besig met van my ma s’n te verwerk), maar slegs skakels na ander webwerwe en blogs. Die “recipe plaques” is van my werk. Daar is nog baie ander. Laat weet my wat jy daarvan dink. Sal dit hoog op prys stel.

     
  2. Emmabel

    Oktober 2, 2008 at 10:37 vm

    En sal ons dit ooit in boekvorm sien? Presies soos dit hier geskryf is.

     
  3. skoor

    Oktober 2, 2008 at 11:08 vm

    Nee wat Emmabel, ek dink nie so nie. Maar jy kan dit maar print en bind 😉 ek sal nie klagtes he nie. Solank jy die resepte gebruik.

     
  4. Marietta

    November 2, 2009 at 10:19 vm

    Hallo Skoor, Ek het jou Semelbeskuit resep gedruk maar nie die naweek by bak gekom nie – werk daagliks van 7 – 7!. Ek het egter jare gelede ‘n naamlose “resep” by ‘n vriendin gekry wat later deur my baas as “Chaos vir die heupe” gedoop was.
    Ek sal graag wil he dat jy dit moet probeer. Hier is dit – jy sal merk dat daar nie oordentlike hoeveelhede is nie want jy gebruik so veel as wat jy lus voel.

    ‘n paar lekker ryp piesangs
    suurlemoen sap
    Gemmer biscuits [ginger nuts]
    soetwyn or sjerrie om dit in te doop
    fyn appelkooskonfyt
    gekookte kondensmelk
    Orley whip [om die tert nie so ryk te maak nie!]

    klis die orleuy whip styf.
    Doop die gemmer beskuitjie in wyn en pak dan ‘n laag onder in die bak.
    Smeer ‘n lagie appelkoos konfyt en dan ‘n lagie kondensmelk oor.
    Sny ‘n piesang in skywe en doop in suurlemoen sap om nie te verbruin nie. – dit word die volgende laag.
    die laaste laag is die Orley whip.
    Herhaal en eindig met Orley whip en versier soos jy lus het.

    Glo my, dit is ongelooflik lekker maar mens kan net ‘n klein stukkie op ‘n keer eet so dit maak dig oor ‘n baie “ekonomiese” tert om voor te sit.

    Baie dankie vir alle lekker lees en lag op jou blog!

     
  5. Skoor

    November 2, 2009 at 10:25 vm

    Marietta! Daai resep ken ek. Mens moet dit NOOIT na ‘n groot maal probeer inkry nie, want dan gaan le jy gewoonlik buite op die grasperk en staar na die hemel en dink by jouself: ‘ai hoekom, hoekom HOEKOM het ek dit gedoen.’

    Dis moord vir enige soettand. Ek kry een maal ‘n maand ‘n soet lus, maar daar is mense wat van die tipe dinge leef. My tannie is een van daai mense. Sy het sommer 3 terte op Maandag gemaak, en teen Donderdag het sy 90% van hulle opgeeet. Rietskraal gebly.

    Dankie vir jou deelname – ek vertrou iemand sal hierdie resep opraap en in die styl van die blog, ‘n totale vreetfees maak van die paar bestanddele!

    Hoop die beskuit kom ok uit.

     
  6. Antoinette Flous

    Junie 8, 2011 at 10:06 vm

    Liefste Skoor, baie dankie vir die blog, geniet dit. Wil jy nie vir ons vertel hoe om ‘n bakoond te bou nie? Al is dit net riglyne. Toe? Dankie.

     
  7. Skoor

    Junie 13, 2011 at 12:53 nm

    Sekerlik Antoinette – eendag as ek weer bietjie tot rus kom, en onthou, dan kom vertel ek jou alles wat ek gedoen het. Of dit nou reg of verkeerd is sal ons moet sien as die mense begin skiet na my pogings 😆

     
  8. Gertrude Rossouw

    September 21, 2011 at 10:23 vm

    Ek het hoog en laag vir daai rooi pastaslaai resep gesoek! En hier kry ek dit by jou!! Dankie vir jou oulike geskryf en al die wenke en idees wat jy hier loslaat! Glo dit val op vrugbare grond!! Mooi loop!!

     
  9. Skoor

    Oktober 14, 2011 at 11:53 vm

    Gertrude, dankie vir jou lekker kommentaar!

     
  10. Ciska Pretorius

    Oktober 15, 2011 at 1:09 nm

    Ja die rooi pasta slaai altyd n wenner… nou net een gemaak vir die braai later vandag! Yum!
    ps: Skoor, waar was jy? Het die ‘posts’ gemis…! ;-D

     
  11. Ciska Pretorius

    Oktober 15, 2011 at 1:16 nm

    :-)))

     
  12. Skoor

    November 21, 2011 at 3:07 nm

    Ai Ciska, ek is hier! Dis lekker om te hoor daai pasta slaai word gemaak. Ek het soos in 5 minute gelede die resep vir ‘n ingilse oom geprint, hopelik maak hy lekker aan die kos.

     
  13. Mariana Jacobs

    April 10, 2013 at 10:36 vm

    HI Skoor.
    Weet nie wat om te se behalwe baie dankie vir ‘n Wonderlike Blog nie. Ek was op soek na lekker resepte vir my FB Blad “Kom eet Lekker saam”. Ek het ‘n hele paar lekker resepte gekry.
    Jou blad het ek geboekmerk en sal bly terug keur. Sien jy was lank laas op hoop die blad bestaan nog. Sonder jou resepte is ek n Regte Hilda (7de Laan) kok en my arme mense loop deur.
    Moet asb nie ophou resepte plaas nie.
    Mariana Jacobs

     
    • Skoor

      April 10, 2013 at 11:26 vm

      fanks vir die inloer en die boodskap Mariana! Ek plaas soos die gees my lei om te kook en te skryf. Sal nie heeltemal verdwyn nie.

       
  14. Chene

    Mei 31, 2013 at 11:06 nm

    So bly ek het hierdie blog ontdek! Skoor- jou resepte is asemrowend en kan nie wag om als te probeer nie. Het wel vanaand jou pannekoek resep gebruik, en n klippie bygegooi. Was heeerlik. Baie Dankie!

     
  15. Henriette

    Julie 31, 2013 at 3:02 vm

    Hi Skoor te lekker om resepte in Afrikaans te lees. Mis dit hier in die VSA – nou is ek homesick! Sal maar ‘n paar resepte moet uit try op my verengelsde familie.

     
  16. Trensie

    Desember 10, 2013 at 8:12 vm

    Hallo Skoor – nounet hier by die werk toevallig op jou blog afgekom op soek na ‘n boontjiesop resep. Was aangenaam verras!!!! Gross worsie vinger foto though hehe
    Kan ek boontjies in ‘n “slow-cooker” kook sonder om dit oornag te week?

     
  17. Skoor

    Desember 10, 2013 at 8:19 vm

    Hi Trensie – jy kan. Slowcooker is ook maar oornag wekery maar met ‘n gaar belofte aan die einde van die nag. Lekker eet!

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: