RSS

Restaurant Resensies

Woweeee!  As jy wil lees waar ek eet en hoekom ek dit

so geniet, of nooit weer wil teruggaan nie, kliek dan

HIER

 

 

 

 

 

18 responses to “Restaurant Resensies

  1. Reisiger

    Junie 17, 2008 at 8:24 vm

    Skoor, vir ons was dit ‘n kombinasie van baie dinge wat die besoek daar vir ons moeite werd gemaak het. Jammer dat jy teleurgestel is deur die plek! Ek sal jou blog dophou vir die resensie oor Cass Abrahams se restaurant. Wie weet, op ‘n volgende besoek aan die Kaap kan ons hom dalk op die proef gaan stel.

     
  2. Skoor

    Junie 17, 2008 at 9:13 vm

    Elke mens ervaar dinge mos maar verskillend. Julle was op die regte dag daar – obviously, as ek na die bakke kos kyk wat vir julle voorgesit is! Miskien, as ek vandag gegaan het, was dit ‘n ander storie.

    Eerste indrukke speel ook mos ‘n groot rol, en as jy nie vriendelik gegroet word nie, is my krop alklaar suur. En ons het op ‘n baie slegte plek gesit, en my stoel moes ek later skuif, want almal het aan my gestamp met die heen-en-weer lopery. En Skoor hou nie van stampe nie!

    Skoorlief gaan Cass opspoor, ek gaan net die terugvoering gee. Wanneer dit gaan wees, sal die tyd leer. Alhoewel ek weet ‘n vakansie is aan’t kome.

    Kan nie wag nie.

    Maar ek is ernstig, Oom Samie se Winkel in Dorpstraat, Stellenbosch, se lamskerrie is stukke beter. Jy sal nie spyt wees nie, sit dit op jou ‘to do’ lysie!

     
  3. Reisiger

    Junie 17, 2008 at 9:59 vm

    Ek sal definitief vir oom Samie op my lysie byvoeg!

    Was jy al by Cupcake in Stellenbosch? Indien wel, wat dink jy van die winkeltjie?

     
  4. Skoor

    Junie 17, 2008 at 10:09 vm

    Ek was! Bietjie overpriced en overrated, maar ek is seker hulle dien ‘n doel.

    Hulle wortelkoek muffins/cupcakes is baie lekker. As jy by Oom Samie uitstap met jou bossie bokkoms oor jou skouer gegooi, dan gaan kry jy vir jou ‘n cupcake!

     
  5. rosalindfranklin

    Junie 17, 2008 at 5:33 nm

    Ek kannie glo julle die die “gun” gemis nie.

    Kyk, ek het die resensie nou geniet. Laat ek eerlik wees met jou. ek hou nie so baie van kosmaak nie – want as ek die kos maak, dan eet ek dit nie. Dis asof ek “vol word” as ek dit maak – al eet ek niks daarvan nie. Jy verstaan?

    Maar, ek smaak baie van eet. Ons eet ook baie uit. Ek HOU van lekker kos.

    Die beste kerrie in die kaap is in hv.kerkstraat en loopstraat by die Maharaj.
    Dan heerlike kos by: Savoy Cabbage….oe-oe.

    En by die Waterfront: Hildebrand’s.

     
  6. skoor

    Junie 17, 2008 at 7:20 nm

    Fantasties! Ons sal die kerrie gaan uittoets. Dankie vir die wenk.

    Jip, ek is nou ook spyt ons het die gun gemis. Maar mens kan nie alles op een dag doen nie, ne.

     
  7. skoor

    Junie 17, 2008 at 7:21 nm

    O, oor die vol raak as jy kook: ek ken nie daai nie. Dit kon dalk my behoud gewees het en my gymgedagtes gedemp het…

     
  8. boendoe

    Augustus 12, 2008 at 1:12 nm

    Jeez, dit lees soos ‘n storieboek. Net jammer ek sal in my leeftyd seker nooit weer in die Kaap kom nie. 😦

     
  9. skoor

    Augustus 12, 2008 at 1:29 nm

    Never say never, en as jy kom skuld jy my koffie, so maak jou planne!

     
  10. Skoor

    Desember 18, 2008 at 10:39 vm

    Rosalind Franklin. Sal jy weer hier lees en sien ek het vir jou ‘n boodskap?

    As jy en geliefde een Saterdag die pad Stellenbosch toe vat, en die Vars Produktemark by Bosman’s Crossing gaan besoek, kyk bietjie in die gedeelte reg onder die woonstelle, as jy inkom, op linker kant.

    Daar word regte egte kerrie verkoop. Ek beveel die butterchicken aan. Dis spicy en regtig smaakvol. En ek wil amper se dis die beste kerrie wat ek tot nou toe geproe het.

    Ons brekvis Saterdae is kerrie. Baie goed vir maagsere, haha.

    Laat my weet.

     
  11. rosalindfranklin

    Desember 18, 2008 at 4:36 nm

    sien jy….ek het oe agter in my kop. sowaar ek het jou boodskap raakgesien!

    Dankie baie, kerrie vir brekvis klink vir my vorentoe! Ek sal jou laat weet.

     
  12. patricia Viljoen

    Mei 14, 2009 at 12:02 nm

    Hi Liewe Kosvriende

    Dit is altyd lekker om iewers te lees oor wat en waar lekker is. Dit sal wonderlik wees as iemand dit op datum kan hou. Ek sien julle praat oor die Fish Monger in Stellenbosch. Dit is al vir meer as 6 maande gesluit en is hulle nou besig om in te rig in ‘n nuwe perseel. Die inligting op hierdie blad is reeds meer oud. Dit is ‘n wonderlike “tool”, hou dit asb op datum en aan die gang.

    Groete

     
  13. Skoor

    Mei 14, 2009 at 12:22 nm

    Hallo Patricia

    Dankie vir die inloer.

    Ed Thompson, die nuwe eienaar van Fishmonger, is ‘n persoonlike vriend van my, en wanneer ons sy nuwe restaurant, wat ook nie meer as “Fishmonger’ gaan bekend staan nie, open, word dit dadelik aangepas met ‘n link na die ou inskrywing vir kruisverwysing.

    Tot onlangs was die restaurant in die weegskaal, en sou dit opportunisties van my wees om te skryf oor iets wat dalk nie sou wees nie. En ook oor ‘n plek wat ek nognie beproef het nie.

    Jy sal verder merk dat daar feitlik weekliks nuwe resepte en kommentare bykom, so dit is so op datum en aan die gang soos kan kom.

    Kom loer gerus weer in, altyd wonderlik om nuwe name raak te loop.

    Groete van tafel tot tafel

    Skoor

     
  14. MaanKind

    Junie 6, 2009 at 1:01 nm

    Dankie vir hierdie! Ek gaan die plekke in Stellenbosch soek wat jy aanbeveel.

    Ons het net so ‘n slegte ervaring by die Noon Gun gehad. Bobotie wat soos ‘n blok suur mince proe, breyani wat droog was, en die flentertjie hoender daarin kan jy nie tel nie. Ook uit lamskerrie gewees, en die skaapbredie was smaakloos en vaal.

    Ons het nogal gegaan nadat die tannie op Pasella gewys het hoe sy kook, maar dit wat op TV was was nie naastenby wat hulle voorsit in die restaurant nie. Ek sal nooit mense soontoe vat nie!

     
  15. Skoor

    Junie 8, 2009 at 12:44 nm

    Ai Maankind, ek wou so graag geblog het oor die beste kerrie in die weste – die van oom Samie se winkel, maar toe maak die restaurant toe, en ek is gekniehalter in die proses.

    Dankie tog dit was nie net ek wat erg ontnugter was nie, dankie ook vir jou terugvoer.

    Kom loer maar gereeld hier in, ek het eintlik ‘n hele hopie wat wag om geblog te word…

    Probeer een naweek ‘n plekkie by Seidelberg kry. Daai kerrie was regtig 100x die moeite werd bo Noon Gun.

    Daai in jou area is ‘n viswinkel aan die regterkant van die pad as mens na die klein snuistery winkeltjies naby die see gaan, wat vir my nogal kick-ass vis en tjips het. Of ek is net elke keer flou honger! Groete vir die see.

     
  16. maankind

    Junie 9, 2009 at 7:16 nm

    Ons het gemengde gevoelens daar. Soms is dit uitstaande, dan vat jy mense soontoe en dan is dit ‘n hengse teleurstelling. Ek sou graag wou wéét ‘n plek se kos is deurgaans goed.

    En die see laat weet groete terug, met so lekker kelpreuk!

     
  17. Skoor

    Junie 10, 2009 at 10:56 vm

    Mmm, sou ek nie vanoggend daar in Hangklip se skadu wou sit en staar oor die see terwyl my koppie tee langs my stoom nie!

    Wel, daar is net een manier om jouself te beskerm teen soortgelyke ervarings by daardie restaurant…jy gaan nie weer nie! 😆

    Gaan eet eerder die beste Thai in die land by Wang Thai as jy weer oor die berg gereis het op soek na ‘n boek. Dis wragtag ‘n smaak orgasme!!!

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: