RSS

Wenke

‘n Bakkie koeksoda in die yskas, sal vreemde reuke onderdruk tot jy die vreemdeling verwyder het!

As ‘n fles se deksel nie wil oop nie, neem die agterkant van ‘n stewige mes, en moker hom op die rant daarmee.  Kyk hoe gou los daai deksel sy greep!

As jy met knoffel of uie gewerk het, en jou hande ruik sleg, vryf sout in jou hande, en was met seep.  Jy kan die sout effe water gee om dit makliker te maak.

As jy vleis 24 uur in suurlemoensap marineer, sal jy die sagste vleis in die buurt he.  Druk ‘n suurlemoen of 2 uit oor die vleis, en kyk hoe glip jou tande deur die maaltyd.

Vir hande wat skurf is, veral in die winter, neem ‘n palm vol olyf olie, en ‘n teelepel suiker.  Vryf die hande daarmee in tot die hande skreeu om genade.  Smeer met ‘n goeie handeroom in, en gaan slaap.

Bleikmiddels maak wit nylon sokkies geel.  Laat week dit oornag in ‘n sterk Engelsesout oplossing.

As jou HTC selfoon breek, is daar EEN pad – terug LEAF toe teen ‘n belaglike prys!  Kontak  Jeremy de Goede  CELL: 082 538 4848  cell-u-care@absamail.co.za

Laat hy jou ‘n kwotasie gee daarvoor, en miskien is dit die moeite werd om dit te pos of per koerier te stuur na Milnerton.  Ek het pas R1010 gespaar deur my foon te koerier na hom.  Enige ander selfoon make is ook welkom.

 

 

 

15 responses to “Wenke

  1. Jack

    Junie 19, 2008 at 5:31 nm

    hande wat na uie ruik-vrys dit op/oor jou stainless steal opwas baK en die reuk verdwyn

     
  2. Jack

    Junie 19, 2008 at 5:31 nm

    uie ruik vryf sorri

     
  3. Skoor

    Julie 2, 2008 at 4:29 nm

    Thanx master jack!

     
  4. Nikita

    Julie 7, 2008 at 3:17 nm

    Dit het my eenkeer oorgekom dat ek inkopies gedoen het met my ma, daarna (met inkopies in die boot) was ons na die kwekery…roosbome (!) gekoop…toe word ‘n sakkie melk stukkend gesteek deur van die dorings..en ek kry toe bietjie melk in die kattebak..wat natuurlik begin stink het! en die koeksoda – met bietjie melk gemeng – het daardie reuk onmiddellik verwyder.. 😉

     
  5. skoor

    Julie 8, 2008 at 9:04 nm

    Nikita, daai is ‘n bak plan. Ek het die ander dag oumensies gehad wat vir my gevra het wat om met hulle kar te doen. Vleis het uit die inkopiesakkies geglip en weggekruip agter die agtersitplek, en begin PRAAT in daai kar.

    Ek het toe maar ‘n bottel vanilla essens uitgespuit in die kar, dit vir 2 dae in die son laat staan, en toe hulle weggestuur met ‘n kar wat na koekbak ruik.

    Beter as die vrot vleis…

     
  6. Nikita

    Julie 8, 2008 at 11:40 nm

    Skoor! Noudat jy die vanilla noem, ek onthou nou dat ek vanilla ook bygesit het…iemand saam met wie ek skoolgehou het, het my die raad gegee en dit WERK! 😉

     
  7. Dellie

    Augustus 12, 2008 at 4:11 nm

    As ek met knoffel of uie gewerk het, “was” ek my hande met so ‘n bietjie wit asyn, en daarna met skottelgoed seep. Geen reukie bly agter nie.

     
  8. Nikita

    Augustus 25, 2009 at 8:40 nm

    LOL! @ “As ‘n fles se deksel nie wil oop nie, neem die agterkant van ‘n stewige mes, en moker hom op die rant daarmee.”
    🙂

     
  9. Nikita

    Augustus 25, 2009 at 8:42 nm

    Skoor, as jy uie wil sny sonder dat jou oë traan, dan moet jy dit sny oor stoom…moet net nie verbrand nie! dit werk!

     
  10. Skoor

    Augustus 26, 2009 at 8:53 vm

    Jitte, oor ‘n stomende pot water, wat kans staan om om te val en jou te brand?

    Nikita! Jy’s bleddie gevaarlik daar in die vreemde. Brandwonde is lastig.

     
  11. Janett

    November 18, 2009 at 1:55 nm

    Hierdie is nou ‘n groot HELP!!!! My huishulp het my splinter nuwe duver saam met ‘n blou laken gewas en nou is alles so vaal blou. Is daar dalk iemand wat raad het hoe om dit weer wit te kry of is dit nou maar gedane sake

     
  12. Skoor

    November 18, 2009 at 1:59 nm

    Jong, dis OF gedane sake, OF jy moet dit in ‘n ligte Jik oplossing week. Dit kan nie regtig erger nie, kan dit? Sterkte!

     
  13. Pieter Malherbe

    Julie 21, 2012 at 6:02 nm

    Om ui- en knoffelreuke aan hande te verwyder moet jy witasyn PLUS sout in jou hande vryf. Verdwyn soos mis voor die son.

     
  14. Marianne

    Desember 3, 2012 at 9:41 nm

    Reuke as gevolg van ‘n vrieskas wat begin “lewe” het, sal verdwyn as jy die skoongemaakte vrieskas met ‘n boksie of twee KLOOF-koffie bestrooi en met ‘n toe delksel laat staan vir ‘n dag of twee. Die koffiepoeier absorbeer enige slegte reuke. Stofsuig dit dan net weer uit en die vrieskas is reg vir gebruik!

     
  15. Sally

    April 13, 2015 at 11:19 vm

    As ek dit geweet het Mariane sou ek baie geld spaar. Het my eendag oorgekom, als probeer om daai vrot reuk te verwyder. Maar als verniet, het toe maar n nuwe vrieskas gekoop.

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: