RSS

Hoenderlewers

17 Jan

Livi is skielik anemies verklaar en moet yster inneem.  Nou Skoor is grootgemaak sonder die inname van organe, en ek weet lewer is ‘n uitstekende bron van yster. As mens die slim mense kan glo!

Sit dan in die agtermiddag slentergang van die son en wonder hoe ek die lewers in haar gaan kry sonder om te moet proe aan my poging, en sonder dat sy enamel toe hol vir verligting.

PeriPeri chicken livers.  Klink soos daai destydse garnaal kelkie. Afgesaag en afgeleef en boooooring.

Smaak kliere, verbeelding en kop begin werk, en ek dink my poging het demits goed uitgewerk.  Probeer gerus.chicken-livers1

Ontvries en kyk dat al die senings en goed af van die lewers is. Was af en sit neer op ‘n skuins snyplank dat die ernstige waters kan afloop.  Sny ‘n groot ui in kleinerige blokkies en braai tot mooi bruin.  Sny ‘n GROOT huis knoffel op, en gooi in, gevolg deur ‘n koppie rooiwyn.  Draai die plaat bietjie laer en laat die rooiwyn wegkook tot half die hoeveelheid.  Gooi ‘n teelepel crushed chilies en ‘n halfteelepel cayenne in die rooiwyn en ui potjie.

Sodra daai wyn minder is as netnou, gooi jy ‘n koppie ONGEGEURDE BULGAARSE YOGHURT by en roer mooi deur.  Ook ‘n bietjie sout vir balans.  En dan ‘n teelepeltjie suiker.

Steek jou vingerpunte in meel, en gooi so woes en wild ‘n paar korrels meel oor die lewers.  Nie asof swaar sneeu geval het nie, net so ‘n ligte kapok.  Knerts sout en swartpeper oor die lewers, en maak olie lekker warm in ‘n plat pan.  Vat die lewers na die warm pan, en sit een vir een in, verkieslik meel kant onder.  *** As die olie skiet, moenie terug skiet nie, wonder net hoekom jou voorskoot nie aan is nie!

Die spul sal borrel en bruis en lekker kuier.  MOENIE die lewers omdraai of deur roer nie.  Sodra die lewers begin verkleur aan die bo-kant, haal die souspot af van sy warm plek, en gooi die sous oor die lewers in die pan.  Hy prut weer?  Dan sit sy deksel op, en sit die hitte af. So vir 10 minute. Dan mag jy dit sag deur roer en proe of die sout reg is.

Dek die tafel sexy en roep die Livi nader – bedien die lewers en sous op rys en gooi sommer vars fyngekapte pietersielie uit jou tuin by.  Kyk diep in mekaar se oe, en hoop vir ‘n styging in yster telling.  Op die ou end het ek die sous geproe en was bitter gelukkig met die poging, en het selfs ‘n halwe lewertjie geneem. En ek leef vandag nog. En ek dink my yster is oukei.plum

 

*** op hierdie stadium het ek ‘n paar vars rooi pruime in blokkies gesny en by die lewers gesit.  dit maak vir ‘n wonderlike verandering en smaak, en sexy bediening!

 

 
6 Kommentaar

Posted by op Januarie 17, 2017 in Lekker maklike kos

 

6 responses to “Hoenderlewers

  1. Shireen

    Januarie 17, 2017 at 12:46 nm

    Hahahaha… ek love jou skryfstyl. Sal dit ook so probeer.
    Die rooiwyn… maak dit saak of dit soet of droog is?

     
    • Skoor

      Januarie 17, 2017 at 2:10 nm

      Hey Shireen – soet rooiwyn is faain, maar dan moet jy NIKS suiker bygooi nie. In elkgeval, niemand kan vir jou voorskryf hoe jy moet kook nie. Dis loslit woes lekker. Bak is ‘n ander geneuk, daar bly ek ver weg.
      Jy soek ‘n baie fyn soet en suur balans met ‘n chili byt as jy gesluk het. Nie daai snotloop brandgoed nie. Als moet sexy op die tong krul. Anderdag kook ek weer ‘n brand-iets. Die is delikaat soos ek nie op my eie 2 bene is nie.

       
  2. Charl Marais

    Januarie 17, 2017 at 2:23 nm

    My enigste vraag vandag. Waar de Joos kry jy die bulgaarse yoghurt. Ek sien dit glad nie meer in die winkels nie.
    Griekse yoghurt is daar wel, en dan is daar die ander groot spelers soos parmalat en clover wat goed verkoop wat hulle wel op aandui dat dit bulgaarse styl is, of “lactus bacillicus bulgarious” in die bestandele lys wat die bakterie is wat gebruik word om bulgaarse yoghurt te maak. Net een problem met hulle produk. dit is vol preserveermiddels. Die regte bulgaarse yoghurt (Wat altyd in die glas botteltjies gekom het) het nie preserver middels in gehad nie. Jy het dus lewende yoghurt kultuur ingekry wat vreeslik goed is vir die spysvertering.

     
  3. Skoor

    Januarie 17, 2017 at 2:35 nm

    Maak yoghurt. Jou eie!

    nou daas vir jou ‘n ding charl marais. ek weet ook nie hoeveel kulture oor is na verhitting nie. ek troos my bloot aan die weglaat van room om die saak nie so erg ryk te maak nie.

    jys seker reg met die grieks. ek lees nie, ek soek vir no fat en daar gaat ek.

    probeer die yoghurt met die link maak – verkieslik van rou melk

     
  4. Charl Marais

    Januarie 18, 2017 at 1:42 nm

    Ek maak al lang tyd my eie yoghurt. Het net gedink jy het dalk ‘n geheime winkel gekry wat nog die regte goed aanhou.
    Net so terloops. Ek het begin yoghurt maak toe ons ‘n baba gekry het wat nie ma se melk, bokmelk of enige van die baba formules kon drink nie. Alles het terug gestoot in sy keel. Selfs die formules wat van nie-melk produkte gemaak word kon hy nie in hou nie. Toe sê ons Bulgaarse buurvrou vir my om ‘n bottel bulgaarse yoghurt te koop en dit te gebruik om yoghurt met normale beesmelk te maak, en dit verdun vir die baba te gee. Dit het soos ‘n bom gewerk en hy het grootgeword op tuisgemaakte yoghurt. (Yoghurt baterie verteer die deel van die melk wat mense nie kan verteer nie wat dit perfek maak vir babas wat nie melk kan drink nie).
    Daai baba van my is vanjaar hoërskool toe en hy is steeds versot op yoghurt.

     
  5. BB

    Maart 1, 2017 at 2:41 nm

    Ek weier van kleintyd af binnegoed – van beestong dwarsdeur annerkant uit tot by die pope’s nose.
    Maar hoennerlewerkies piri-piri is vir my jéérlik! Ek sny hulle net in redelike petit stukkies – dan moet mens net oppas dat hulle nie ontbind tydens die kookproses nie.
    Lewerkies met ‘n porra rolletjie is ons Sondagaandete; net genoeg om kos te wees en lekker genoeg om ‘n treat te wees.
    Ek gaan hierdie ↑ Sondag doen dankie 🙂

     

Lewer kommentaar op Skoor Kanselleer antwoord