RSS

Emma se Pampoen en Spek hartskos

28 Jan

Vriendin Emma Dixon het weer ‘n huppel in haar stap, en ‘n giggel in haar keel.  En saam met al die stuitighede stuur sy vir my ‘n MOET PROBEER resep.  Nogal in ingils.  Emma weet ek verstaan weinig van ingils, maar sy steek ook nie haar hande uit om te help vertaal nie, so here goes:pampoen

Pampoen en Spek onder die oondrooster:

Neem 500g pampoen of butternut, afgeskil, en in hapgrootte stukke gesny.  Sit die oond op 180 grade celcius, en gooi die pampoen in die oondskottel wat jy kan uitvoer met tinfoelie, sou jy nie lus wees vir die gesukkel om die aanbrandseltjies later te probeer verwyder nie.

Sprinkel 30ml rooiwyn asyn daaroor, en 30ml olyf olie.  Kap 3 knoffelhuisies fyn (moenie nou neuk met gefermenteerde winkel knoffel in ou olie nie – yskaste sonder vars knoffel, is soos ‘n dorp sonder krag…regtig donker!) en gooi die knoffel baldadig tussen die pampoen se ribbes rond.

Neem ‘n teelepel koljander – droog – en gee dit so ‘n kneus in die vysel en stamper, net so dat die balletjies in 2 spring.  Sprinkel die koljander en ‘n teelepel gedroogde brandrissie bo-oor die dis wat nou begin lyk na ‘n kind se tekening – jolig en vol kleur.

Druk dit in die oond, en draai die pampoen na 20 minute om met ‘n vurk.  As die panbacon altesaam 30 minute in die oond was, haal jy dit gou uit, en sny ‘n rooi ui (wit sal ook werk) in kwarte, skei die lae, en strooi oor die pampoen, asook ‘n pakkie spek, in klein stukke gesny.

Druk terug in die oond vir 15 minute.  Haal uit, en gooi 3 gekapte tamaties oor, en champskrummel ‘n wiel of meer feta kaas bo-oor.  Drup nog ‘n olyf olie sessie oor die inhoud.

Druk weer in die oond vir 10 minute, voel of die pampoen deurgaar is.

Rangskik basil blare bo-op die dis, en sit voor by pasta of ‘n lekker stuk hoender. 

En natuurlik yskoue ietsies…

 
8 Kommentaar

Posted by op Januarie 28, 2009 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Emma se Pampoen en Spek hartskos

  1. Emma Dixon

    Januarie 28, 2009 at 2:34 nm

    Hallo Skoorsus

    Jy het my nie nodig gehad om dit te vertaal nie. Ek het nou lekker gelees aan jou storie resep sussa. Sal nog las met tyd soos die avonture my pak of ek hulle.

    Emma

     
  2. Skoor

    Januarie 29, 2009 at 12:27 nm

    Emma, vir jou info, en vir ander wat kortpaaie like, soos ek:

    Die bacon het ek op die vuur gaar gemaak, saam met klomp klein coctail tamaties en die ui. Die pampoen het ek in die Steam Supreme gaar gestoom (dit was stroopsoet klein butternuts) asook die huisies knoffel gestoom.

    Toe het ek die knoffel fyngedruk, met die chillies, koljander, olie en asyn gemeng, dit onder in die oondbak gegooi, die pampoen bo-op, en dit toe deurgemeng.

    Die bestanddele van die rooster nader gebring, alles gemeng, feta oor, en toe vinnig onder die grill.

    Dit was wragtag sexy lekker!

     
  3. Krista

    Februarie 1, 2009 at 5:13 nm

    Hmmmm, dit klink vrek lekker!

    /me maki nota . . .

     
  4. maxie

    Februarie 1, 2009 at 9:06 nm

    Vergewe my asseblief dat ek weinig aandag skenk aan die resep, is net baie bly dat Emma haar huppel teruggevind het!

    You go girl!

     
  5. Skoor

    Februarie 3, 2009 at 8:48 vm

    Krista, jy het al soveel notes, ek dink dis tyd dat jy wegspring en kook, suster!

    Maxie, ja, die liewe Emma voel weer beter. En dit is goed so. Sy het lank genoeg seer gewees. Lank genoeg soos ‘n piece of furniture behandel gewees.

    Jy kan egter ook jou oe na die resep wend, dis amper so lekker soos ‘n goeie boek!

     
  6. Nikita

    Junie 20, 2009 at 9:22 nm

    Dit klink heerlik! Ek sal dit bietjie probeer. O ja, ek het ‘n 16 jarige dogter in my klas gehad tot 4 weke terug..haar naam en van…Emma Dixon!!! Toe ek jou inskrywing begin lees, toe dink ek wag…dit kan nie wees nie. LOL!

     
  7. Skoor

    Junie 21, 2009 at 1:46 nm

    Sowaar! Ek hoop nie jou Emma Dixon het ‘n wrang smaak in jou mond gelaat nie, want anders gaan jy nie die kos waardeer nie…

    Laat weet as manlief hierdie gesonde opsie beproef het, aangesien jy mos die pakwerk moet doen, en hy besig gehou MOET word, voor hy op jou seningwees werk

    😆

     
  8. Nikita

    Junie 21, 2009 at 9:44 nm

    🙂 Nee, gelukkig is sy ‘n oulike kind.
    Ek sal laat hy hierdie gereggie vir ons volgende naweek maak, toemaar, hy doen die pakwerk die keer, hy gaan met vakansie wees, ek het dit al 2x op my eie gedoen, die keer moet hy bietjie “suffer” 🙂

     

Lewer kommentaar op Emma Dixon Kanselleer antwoord