RSS

Hawermout tjoklit koekies – beter as ‘n slab!

27 Jun

Hierdie is die ultimate in koekies.  Dit het nie ‘n oond nodig nie, en die kids kan dit self maak.  Vra vir my.  My favourite projek as die huiswerk geroep het!

Wees egter gewaarsku:  hierdie is verslawend.  Dit maak vet.  Dit is vreeslik ongelooflik verskriklik lekker.  Moenie proe hieraan as jy nie wilskrag het nie.  Dit maak in ‘n japtrap, eet in ‘n aand, en veroorsaak trane vir ‘n leeftyd.

Neem ‘n pot/kastrol, verhit 250ml melk, 250ml kakao, 500ml botter of margarine en 4x250ml suiker. 

As als gesmelt is, en dit begin borrel, kook jy dit vir presies 5 minute.  Of 300 sekondes.  Roer tog maar tussen-in.  Maar dis mos kommin sense.

Verwyder van die hitte, en roer in:  5 x 250ml hawermout, 500ml klapper, ‘n knippie sout en 10ml vanilla essens.

Smeer bakplate, en gooi alles daarin, smeer plat, en sny as dit geset is.  Of skep lepels vol op gesmeerde bakplate of waspapier.  As dit afgekoel het, hou dit wat oorbly na die proe sessie, in die yskas.

En moenie se ek het nie gese nie.

Wat ek egter NOU se, is bak die goed.  Jy moet dit een maal in jou lewe proe.

 
16 Kommentaar

Posted by op Junie 27, 2008 in Lekker maklike kos

 

16 responses to “Hawermout tjoklit koekies – beter as ‘n slab!

  1. Wipneus!

    Julie 2, 2008 at 8:58 vm

    Ek het dit gemaak Skoor!!! Dit is divine!!!! Ek het myne in klein paper cups gesit met ‘n fyn kersie bo op!!! Dit het nog mooi gelyk ook, die mense is gaande daaroor…. he he maar soos jy sê dis verslawend…

    Baie dankie vir hierdie resep!!

     
    • carla84

      Desember 29, 2011 at 12:23 nm

      Ek dink my dieet het sy allie gesien

       
  2. skoor

    Julie 2, 2008 at 9:04 vm

    Dankie vir die terugvoer!

    Jy sal later moegraak vir papercups vul, want nou het jy ‘n ding begin. Daai bakplaat, platvee, stol, sny…..eet, sal op die ou end wen.

    Jou idee klink egter blink, veral as afterthought by ‘n ete.

     
  3. Nikita

    Julie 7, 2008 at 3:14 nm

    Dit klink heerlik! maar ek verbeel my ek het as tiener dit gemaak..of iets soortgelyks…ken jy dalk daardie reseppie van…donker sjokolade – gesmelt -, mariebeskuitjies (stukkies), botter, en ek weet nie wat nog nie…dan giet jy die “mengsel” in ‘n pan en sny – wanneer gestol/hardering – in blokkies…sjoe!! DIT was nou HEERLIK!!

     
  4. skoor

    Julie 8, 2008 at 9:10 nm

    Weet jy, daai resep lui ‘n klokkie – ek is nie vreeslik kulliner ingestel gewees met die opgroei slag nie, so ek sal jok as ek se ek weet waar daai resep is.

    Maar ek onthou dat ek dit geeet het. ‘n Paar keer. En gewonder het hoe brandewyn daarin, sou smaak. Dit was darem toe ek al 18 was – klink ek nou soos een wat van kleins af die verkeerde pad wou vat!

    As ek daarop afkom, plaas ek dit vir jou.

     
  5. kaneelsuiker

    September 17, 2009 at 6:12 nm

    Ek het hom ook al probeer. Nogals makliker as wat dit lyk. Ek dink ons moes dit op skool vir huishoudkunde bak 😛
    Ek beveel dit ook aan vir dié wat nog nie probeer het nie.

     
  6. Skoor

    September 18, 2009 at 9:04 vm

    Oooe, ek het nie huishoudkunde tot matriek uit gehad nie, maar hierdie ‘baksel’ was gereeld op die spyskaart. Tot my ma se ontsteltenis – weg is die suiker, die botter, die hawermout en klapper

    😆

     
  7. Christelle

    Januarie 15, 2011 at 8:02 nm

    het baie gesoek vir die resep- dankie!!!!!!!!! sal more maak

     
  8. Baby

    Desember 9, 2011 at 10:34 vm

    Al die kilos om die heupe is jou skuld, maar lekker was nog nooit sleg

     
  9. Skoor

    Desember 20, 2011 at 2:20 nm

    Aag Baby, mens leef net een keer. Geniet 😉

     
  10. annelize

    Januarie 31, 2014 at 3:36 nm

    Wow ek wens daar kan so resepte boek uitkom! Jy maak dit sommer interresant! Dankie!

     
  11. Sonja

    Augustus 24, 2015 at 7:14 vm

    Hoeveel koekies lewer die resep met een mengsel?

     
  12. Chris van Karos

    Maart 13, 2016 at 8:47 nm

    Ek het hom vir die kleinkinders aangestuur en nou is hulle en hul ouers verslaafdes!

     
  13. Theresa Van Tonder

    November 20, 2016 at 4:45 nm

    Help! Myne wil nie stol nie wat het ek verkeerd gedoen.

     
  14. Skoor

    November 21, 2016 at 4:37 nm

    Gooi nog hawermout in!

     
  15. Estee

    Desember 15, 2016 at 7:33 nm

    Skoors, 250ml kakao? ‘N koppie? Of hoeveel gram?

     

Lewer kommentaar op Theresa Van Tonder Kanselleer antwoord